Aangename kennis

0031_28

My naam is Shirley van der Merwe.

Ek is gebore in die noordelike voorstede van Kaapstad – as deel van een van die laaste batches van die 90’s babas. Die jongste van drie.

Ek is ‘n mediese student aan die Universiteit van Stellenbosch.

Ek skryf graag – in woordformaat en soms in spoelformaat.

Ek het ‘n voorliefde vir die kunste en digkuns.

Soms sit ek mooi spys en drank voor

en soms spoel ek my mond uit oor die dinge wat my kwaadmaak.

Ander kere deel ek weer stories van oomblikke, mense.